AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
8320
0,00
CORN
28 Mrt
-
3208
0,00
SOYA
28 Mrt
-
8725
0,00
SUNS
28 Mrt
-
9480
0,00
WEAT
28 Mrt
-
6140
0,00
WMAZ
28 Mrt
-
5345
0,00
YMAZ
28 Mrt
-
4211
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
15 Mrt
-
152,58
1,50
Ave Wool - RWS
15 Mrt
-
170,87
2,13
Beeste A2/3
15 Mrt
-
54,88
0,64
Beeste AB2/3
15 Mrt
-
53,64
0,81
Beeste B2/3
15 Mrt
-
46,7
0,59
Beeste C2/3
15 Mrt
-
45,58
1,57
Bevrore Hoender
15 Mrt
-
35,28
-0,19
Bokkies (onder 30 kg)
15 Mrt
-
43,57
-2,67
Bokooie
15 Mrt
-
35,99
-6,92
Feeder Lamb (Dual Purpose)
15 Mrt
-
37,06
0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Mrt
-
43,08
-0,44
Hoender (IQF)
15 Mrt
-
32,38
0,71
Medium (30-40kg)
15 Mrt
-
40,36
2,33
Pork Average
15 Mrt
-
32,23
0,23
Poultry Average
15 Mrt
-
34,76
0,45
Sheep A2/3
15 Mrt
-
81,89
-0,24
Sheep AB2/3
15 Mrt
-
67,97
1,61
Sheep B2/3
15 Mrt
-
53,99
1,77
Sheep C2/3
15 Mrt
-
53,23
-0,99
Spekvarke
15 Mrt
-
31,98
0,12
Varkwors
15 Mrt
-
24,06
-0,71
Vars Hoender
15 Mrt
-
36,61
0,81
Vleisvarke
15 Mrt
-
32,47
0,34
Weaners (200-250kg)
15 Mrt
-
32,32
0,78
Deel

Bek-en-klouseer: Rooivleisbedryf beoog vervolging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Brand Republic
Ter illustrasie. Foto: Brand Republic
Belanghebbendes in die rooivleisbedryf wil diegene wat diere onwettig vervoer uit gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, vervolg.

Mense en instellings wat hulle skuldig maak aan die onwettige verskuiwing van vee uit die endemiese gebiede van bek-en-klouseer sal met die samewerking van die Rooivleisbedryfsforum vervolg word.

Mnr. James Faber, nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê die uitbreking van bek-en-klouseer in Noordwes is ver verwyder van die tradisionele endemiese gebiede van bek-en-klouseer. Dit kan ’n drastiese uitwerking op die lewendehawe-bedryf he^ indien dit nie korrek hanteer word nie.

“Die uitbreking is gelokaliseerd, aangesien ’n besmette dier ingebring is. Indien dit korrek hanteer word, kan die uitbreking baie vinnig opgelos word.” Volgens Faber wil dit, soos met die vorige uitbrekings, voorkom dat beeste onwettig uit die endemiese gebied verskuif is.

“Die tyd het aangebreek dat boere naspeurbaarheidstelsels in werking moet stel om risiko’s te verlaag. Dit is ook noodsaaklik dat die bedryf homself moet reguleer en die beweging van lewende hawe tot ’n minimum beperk. Enige inkomende lewende hawe moet eers in kwarantyn gehou word om seker te maak hulle hou nie ’n risiko in nie.” 

Die landbouprodukte-agenteraad (Apac) se biosekerheidsmaatree¨ls by veilingsverhandelings moet verdere momentum kry, sê die RPO.

Die RPO is instrumenteel om provinsiale dieregesondheidsforums op die been te bring. Die´ forums speel reeds ’n uiters belangrike rol in Limpopo en KwaZulu-Natal. Dieregesondheidsforums is net so belangrik om die bedryf se standpunte te stel op die gesamentlike bedryfskomiteevergaderings.

“Kollektiewe samewerking binne die dieregesondheidsforums met al die verskillende bedrywe en deelnemers is nou noodsaakliker as ooit tevore,” aldus Faber.

Volgens die RPO het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, in 2021 ’n taakspan aangestel om haar oor biosekerheid te adviseer. Die RPO het omvattende insette gelewer en is van mening dat die taakspan se aanbevelings nou bekend gemaak moet word. “Bek-en-klouseer moet daadwerklik voorkeur kry om die bedryf volhoubaar te maak,” sê Faber.

“Die rooivleisbedryf word gesien as die slapende reus binne die Suid-Afrikaanse landbou. Die enkele aspek wat dit kan verhoed, is ’n gebrek aan beheer oor dieresiektes, en spesifiek bek-en-klouseer. Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie.”

Industriële sabotasie

Die nasionale dieregesondheidsforum sê ook hy het met groot kommer kennis geneem van die uitbreking ver buite die normale endemiese bek-en-klouseergebiede. Volgens die forum sal hierdie uitbreking in die Potchefstroom-omgewing dringend hanteer moet word. Net soos in die geval van Limpopo en KwaZulu-Natal sal die departement van landbou van Noordwes, asook die nasionale en provinsiale dieregesondheidsforums, ’n leidende rol moet speel. Indien dit nou reg hanteer word, kan dit nog vinnig opgelos word.

Die forum wil dit saam met die bedrywe duidelik stel dat optrede, soos om diere onwettig uit geaffekteerde gebiede te verskuif, as industriële sabotasie gesien moet word en dat daar drasties teen individue opgetree sal word wat hulle hieraan skuldig maak. Die bedrywe wil help om sulke mense en instellings aan die pen te laat ry.

Vorige uitbrekings nog nie onder beheer

Die forum is baie bekommerd dat die vorige uitbrekings in Limpopo en KwaZulu-Natal nog nie ten volle onder beheer is nie. Kwanalu sê die eerste uitbreking in KwaZulu-Natal was in Mei 2021 en daar word steeds geprobeer om dit onder beheer te bring.

“Die situasie is uiters kommerwekkend. Sedert verlede jaar is daar ’n beperking op die beweging van diere binne die rampbeheergebied, maar ons sien steeds nuwe voorvalle in verskillende gebiede,” sê me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu. Volgens haar probeer Kwanalu voorkomend optree en het onlangs ’n werksessie oor biosekerheid vir verteenwoordigers oor die hele provinsie aangebied.

“Nogtans sal die uitbrekings nie gekeer kan word alvorens die owerhede omvattende programme aanbied, ’n bewustheid skep en voldoende finansiering en hulpbronne beskikbaar stel om die bekampingsmaatreëls voldoende toe te pas en die naspeurbaarheid van alle lewende hawe moontlik te maak. Die inentingsproses is ’n uiters belangrike kwessie wat ’n impak op plaaslike handel asook uitvoermarkte het.”

Mnr. Angus Williamson, ondervoorsitter van Kwanalu en voorsitter van die RPO in die provinsie, sê die geldelike implikasies plaas ’n groot las op die opkomende en kommersiële sektor, asook die ekonomie in sy geheel. “Die laaste uitbreking in Limpopo het die ekonomie volgens ramings van die nasionale landboubemarkingsraad R4 miljard gekos. Die gevolge vir ons bek-en-klouseervrye status en vir uitvoer is ingrypend. Die gevolge vir die ontwikkelende sektor wat swaar steun op die verkoop van beeste om kos op die tafel te hê, skoolgeld te betaal en om te oorleef, is ook baie groot.”

Hy vra dat elke betrokkene in die veebedryf op ’n georganiseerde en verenigde manier saamwerk om biosekerheid te verbeter en die verspreiding van die siekte te keer
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Stem
Landbou.com beplan ’n reeks oor besproeiing. Oor watter onderwerp(e) sal jy meer wil lees?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Energieverbruik en besparing (sonkrag, automatisering en ander planne)
58% - 14 stemme
Laevolumebesproeiing (drip- en mikrobesproeiing)
17% - 4 stemme
Filtrasie-oplossings
4% - 1 stemme
Kapitaal en finansies: Hoe laat ek somme klop?
8% - 2 stemme
Diefstalbekamping
0% - 0 stemme
Spuitpakkette, watertoediening en druppelverspreiding in spilpuntbesproeiing
8% - 2 stemme
Ander idees? Los enige tyd kommentaar
4% - 1 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pond
23.91
-0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Goud
2,232.75
-0.0%
Silwer
24.95
-0.1%
Brent-ruolie
87.00
+1.8%
Top-40
68,346
0.0%
Alle aandele
74,536
0.0%
Hulpbronne 10
57,251
0.0%
Industriële 25
103,936
0.0%
Finansiële 15
16,502
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek n maatjie
Hi ek n Christen en dit wat jy sien is dit wat jy kry. Is n boer in die vrystaat. Soek n dame wat hou van boer en perdry
Mollig maar Bubbly
Ek is bubbly en funny, hou van koffieshops en travel, soek ordentlike gentleman wat nie net hook-ups soek nie. ek het 2 seuns.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot